Quantcast
Channel: Arno | Elift
Viewing all articles
Browse latest Browse all 12

“80’s Retro” AJV in Bloekom-se-poort

$
0
0

Bloekompoort AJV 5-7 Augustus 2016. Cobus Smit.

Hallo Elandsranders!

Dit was weer sulke tyd, Augustus. Elandsrand se 33ste Algemene Jaarvergadering en hierdie keer op Bloekompoort en vir sommige, twee dae langer van net lekker kamp. Opkoms was goed, 22 lede en 24 woonwaens in totaal. Besoekers was Jeandre Van Jaarsveld en Sammy Pretorius en van dagbestuur, Andre en Vinkie Swanepoel (S.A.W.A Nasionale Sekretaris.)

Vrydagaand het almal in Bloekompoort-saal bymekaargekom vir “boekevat” en daarna “hamburgers & chips” wat voorsien was deur Bloekompoort, waarna ons almal toe die aand rustig voortgekuier het.

Met die Leeus wat vir die “Super-Rugby-finaal” gekwalifiseer het, is daar besluit om die AJV tydelik uit te stel tot 12:00 sodat almal die rugby kon geniet. Nou ja… die uitslag was toe nie na wense nie en daar was ʼn paar hartseer gesiggies in die vergadering.

Vir bespreking was: Elandsrand se aktiwiteite, behoeftes en belange van die jaar wat verby is en die jaar wat voorlê. 2017 se bestuur was bekend gemaak en nadat besluit is om die jaarlikse toekennings te laat oorstaan na die “80s”-tema funksie, verdaag die vergadering op ʼn ordelike wyse. Na afloop van die vergadering het almal verversings geniet wat Alet Meyer vir ons voorberei het.

Weereens het die lede bewys, as Elandsrand met ʼn tema draf, dan doen ons dit goed. Welgedaan aan almal wat by die funksie was en soveel moeite gedoen het om so mooi te lyk asook met die versiering van die tafels. Bloekompoort het vir die spyseniering gesorg en so kon ons lede terugsit en die aand geniet.

Aan almal wat toekennings ontvang, het wil ek persoonlik sê “baie geluk” julle verdien dit, en als word nie net deur bestuur raakgesien nie, maar ook deur julle medelede. Wat getuig daarvan, is die nominasies wat bestuur van lede ontvang het vir nominasies. Ons twee “DJ’s” Armand en Heinrich tesame met die “seremoniemonster” het hulle goed van hulle taak gekwyt en het vir goeie musiek, pret en vermaak gesorg. Deur die loop van die aand was daar lekker partytjie gehou en almal het dit werklikwaar baie geniet.

Sondagoggend sit ons aan vir ʼn Bloekompoort ontbyt en daarna berei Vlooi homself voor om die kerkdiens waar te neem. Ds. Otto het ʼn boodskap vir ons gestuur en so dra Vlooi sy boodskap op ʼn baie besonderse manier aan ons oor, weereens baie dankie hiervoor Vlooi. Ons sluit die naweek af met die gebruiklike kampkommandante en aansporingsplaatjies gevolg deur die boetes, 50/50 en blapsbeker.

AJV 2016 was weereens ʼn reuse sukses gewees en my persoonlike dank aan ieder en elk wat deel was daarvan en soos ek in die voorsittersverslag aan die lede genoem het, kom ons maak ons leuse vir 2017 een van, “ KOM ONS KAMP LEKKER SAAM EN BEHANDEL MEKAAR DIENOOREENKOMSTIG MET RESPEK ”

Cobus.  (Geredigeer)

 

The post “80’s Retro” AJV in Bloekom-se-poort appeared first on Elift.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 12

Latest Images

Trending Articles





Latest Images